Copyright © 2001 - 2013 Rugby Forum.  All rights reserved.                                                      
Pieter Hendriks vs Australie 1995

Pieter Hendriks in 1995 teen Australië - ‘Hier is spoed dames en here!’

Springbok rugby en 1995 - elke volbloed ondersteuner het 'n persoonlike herinnering van euforie as daar teruggedink word aan dié historiese jaar in Suid-Afrikaanse rugby. Meeste sal die gebalde vuiste van Nelson Mandela en Francois Pienaar met die Webb Ellis trofee omhoog nooit in der ewigheid vergeet nie. Die onskatbare oomblik was grootliks te danke aan 'n gebeurtenis 'n maand vroëer op 'n pragtige winters middag teen die Wallabies in die openingswedstryd van die 1995 Wêreldbeker.

Australië, houers van rugby se Heilige Graal het met 'n span legendes op Nuweland toegesak, die kaptein was Michale Lynagh, wêreld punte rekordhouer, John Eales, latere inspirerende kaptein op slot, Tim Horan die briljante senter en op vleuel, die legendariese David Campese. Campese was 'n genie, min wat sy wonderdade op die veld al aanskou het sal die feit betwyfel of bestry. Die man se instink was aanval en hy het dit met 'n repertoire van fop, fnuik, hinkstappe en geweldige vaart laat maklik lyk en op sy dag sonder 'n gelyke tussen die vier witgekalkte lyne.....   Lees verder

========================================================================================================================

James Small vs Skotland 1997

Die trotse annale van Springbok rugby is deurspek met uithaler driëe waarvan elke groenbloed ondersteuner die intieme details van sy gunsteling poging beter onthou as sy huweliks herdenking. 'n Beroemde drie wat miskien nie onthou sal word as die skouspelagtigste van alle tye nie maar breëbors staan in Springbok geskiedenis is James Small se rekord brekende 20ste toets drie op Murrayfield..

In 1997 was Springbok rugby in 'n penarie na reeks nederlae teen die All Blacks en Britse Leeus en 'n swak Drie Nasies kompetisie waar die enigste oorwinning 'n goeie loesing van Australië op Loftus was. Carl Du Plessis is afgedank en Nick Mallett was getaak om die Springbokke vir 'n 5-wedstryd toer na Europa te brei.

Die toerspan het bestaan uit 'n kombinasie van penkoppe, 'n gerespekteerde kaptein in Gary Teichmann en Wêreld Beker wenners soos Os du Randt, Mark Andrews en die toets rekordhouer, James Small. In die eerste toets teen Italië het dit vanuit die staanspoor duidelik geblyk dat dié Bok-span met 'n giftige agterlyn en stewige voorpelers lus was vir aanval, net selfvertroue het gekort. Die volgende twee toetse teen Frankryk het bekers vol selfvertroue anngebring, veral die briljante 52-10 oorwinning in Parys wat argumentshalwe een van die beste vertonings in Springbok geskiedenis was.....   Lees verder