Copyright © 2001 - 2013 Rugby Forum.  All rights reserved.                                                      
1995
(Written by Lucas in 2005 for Amabokke)

Daar is sekere gebeurtenisse in Geskiedenis wat onomwonde mense se lewens verander. Dink maar terug aan die eerste hart oorplanting, die verbrokkeling van die Berlynse muur, Mandela se vrylating en baie ander wêreld gebeurtenisse. Vir Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners, was die 24ste Junie 1995 'n lewens bepalende oomblik.

Die Springbokke het vanuit die staanspoor in hulle openings wedstryd teen Australië bewys dat hulle 'n faktor sou wees in die derde wêreld beker en die eerste waaraan hulle mag deelgeneem het. Die grootste toets het egter in die halfeindrondte plaasgevind toe die hemel oopgetrek het met die mees ongewone reënval nog ooit in Durban. Die Franse het met mag probeer maar dit was asof 'n hoër hand daardie dag oor die Springbokke gerus het. In ongelooflike omstandighede het hulle in 'n modderbad gewen om 'n week later teen die wenner van Engeland en Nieu Seeland te staan te kom.

Die Kiwis het 'n ongelooflike span gehad met 'n nuwe super speler genaamd Jonah Lomu. Die wêreld het nog tot en met die stadium nie sy gelyke destruktiewe tipe speler op 'n rugbyveld ervaar nie. Hy kon met ongelooflike spoed om sy opponente hardloop of doodeenvoudig met sy bykans 120kg liggaam oor spelers stoomroller. Die hele wêreld wou weet, hoe stop mens Lomu? Engeland ook en met 3 wonder driëe het Lomu die ‘droomfinaal’ bevestig.

Die winters middag van 24 Junie was idiaal geskep vir rugby… 70,000 ondersteuners, ‘Shosoloza’ en ‘hier kom die Bokke’ het oor en oor weerklink, 'n Boeing superstraler van SAL het sy ondersteuning duidelik beklemtoon deur slegs 'n paar 100 meter bo-oor die stadion te vlieg. Dit was egter die verskyning van ‘Madiba’ in Francois Pienaar se no 6 trui wat die verbeelding aangegryp het. Die nuwe president is met oorweldigende krete van Nelson, Nelson, Nelson begroet. 'n Groter verhoog kon daar nie wees nie.

Die wedstryd self was een van die spanningsvolste rugby wedstryde ooit. Dit was toets rugby op sy allerhardste en beste. Lomu het probeer maar kon nooit dieselfde wonderdade verrig van vroëer in die kompetisie nie. Die gang is bepaal deur die twee loskakels, Joel Stransky en Andrew Mehrtens wat ewe veel punte aangeteken het. Na 80 tense minute was die telling gelykop dus ekstra tyd.

Daar is mn mense wat die ekstra tyd sal onthou, selfs as daar na die heruitsendings gekyk word WANT die mees belangrikste skepskop in Springbok legende domineer die ekstra 20 minute en verdwerg al die spel was voor en daarna gespeel is. Stransky het die skop hoog en suiwer deur die pale geklits en skielik was almal in die lug en toe op hulle kniee - die Springbokke was wêreld kampioene!!

Die dag, 'n dekade gelede het die spel en ons land diepgaande vgeraak en sal nooit vergeet word nie. Springbok rugby se grootste oomblik het rugby en samelewing in 100 minute met 'n oogwink verander. Ons onthou en herdenk 'n legendariese dag in Springbok rugby.