|
Tiaan
Strauss
Written by Lucas in 2003 for Amabokke |
| |
Losvoorspelers is 'n unieke spesie in rugby, van hulle word verwag
om in die donker kolke van losgemale balbesit vir die span te
verseker en wanneer die nimlike takie volmag is, die bal te jag soos
'n Boesman sy prooi op die vlaktes. Verder moet hulle met vreeslose
durf opponente kan lak en ook skakel met agterspelers, in kort hulle
moet gehard wees! 'n Speler wat al hierdie eienskappe vir die
groen-en-goud ten toon gestel het was Tiaan Strauss, die Leeu van
die Kalahari en legendariese Springbok kaptein, agsteman en flank.
Na die Springbokke se hertoetrede tot toetsrugby in 1992 het Tiaan
sy debuut gemaak in die eerste toets teen Frankryk in Lyon. Die
Springbokke het met 20-15 geseëvier en oorwinning was soet maar die
res van die toer was onsuksesvol en na 'n rekord nederlaag teen
Engeland op Twickenham was dit duidelik dat Springbok rugby erg
geknou is deur isolasie.
Die jaar 1993 het sleg begin met die afsterwe van die patriarg van
SA rugby, Doc Craven. Die Franse het kom toer en die nuutgestigde
SARFU het 'n nuwe afrigter, Ian McIntosh aangestel en 'n nuwe
kaptein, Francois Pienaar is verkies. Die besluit was 'n groot
teleurstelling vir die seun van Upington wat WP met onderskeiding
gelei het.
Die Franse het 'n reeks oorwinning behaal en met Springbok rugby op
'n laagtepunt het die span vetrek op 'n toer na Australië, 'n land
wat later 'n groot rol in Tiaan se lewe sou speel. Hier het dinge
verbeter met 'n briljante Springbok oorwinning in die eerste toets.
Tiaan, met sy stormlopies was inspirerend op agsteman en Joel
Stransky briljant op losskakel.
Die Australianers het egter in die tweede toets bewys waarom hulle
met afrigter, Bob Dwyer die Węreld Beker verower het. MacIntosh, in
sy boek verduidelik dat hy ge “out-coached” was, Strauss is deur
Ilie Tabua geneutraliseer en die spelpatroon kon nooit aan die gang
kom nie en om dinge te vererger is James Small afgestuur. Die derde
toets het ook in 'n nederlaag geëindig en die Springbokke het die
reeks verloor.
Aan die einde van 'n lang 1993 seisoen het die Springbokke 'n kort
toer na Argentinië meegemaak waar die berugte “Slag van Tucuman”
plaasgevind het. Tiaan was kaptein in hierdie wedstryd waar
Springbok rugby uit die as opgestaan het. Die spelers het met die
vuisgeveg van 'n wedstryd provinsialisme vergeet en saam as
Springbokke gestaan.
Die hoogtepunt van 1994 was ongetwyfeld die toer na Nieu Seeland
maar eers het 'n goeie Engelse span onder Will Carling kom toer. Met
'n Rob Andrew rekord poging het Engeland aan die jong Springbokke
bewys dat hulle nog groentjies in die internasionale arena was. Die
Springbokke het 'n week later wraak geneem op Nuweland met 'n
uitgemete oorwinning,
Die Nieu Seelandse toer was een van die mindere suksesvolle besoeke
aan dié land. 'n Swaard het oor MacIntosh se kop gehang, daar was
beserings probleme, die Johan Le Roux/Sean Fitzpatrick oorbyt
insident het soos 'n stank gekleef en daar was ook keuring flaters.
Tiaan is aangewys as flank en kaptein in die eerste toets in Dunedin
maar die All Blacks het met tipiese drukrugby die toets gewen. Die
tweede toets in Wellington was 'n baie beter wedstryd maar weereens
het die onervare Springbokke verloor, Tiaan is uitgelaat vir die
gelykop derde toets.
Aan die einde van die toer het MacIntosh sy beroemde faks ontvang
van Louis Luyt en Kitch Christie is aangestel met die oog op die
Węreld Beker. Die eerste Argentynse besoek aan Suid-Afrika het aan
die einde van 1994 plaasgevind en Tiaan het in beide toetse gespeel
wat die Springbokke maklik gewen het. Op hierdie stadium het hy nog
nie geweet dat hy sy laaste toets vir die Springbokke gespeel het
nie.
Die gebeure van 1995 het Tiaan Strauss geruk, Kitch Christie moes 'n
moeilike besluit neem oor die samestelling van die Węreld Beker
groep. In wat kan bestempel word as 'n “besigheids beslissing” het
hy Strauss uit sy groep gelaat en die algemene gevoel was dat hy
onder geen omstandighede Pienaar se leierskap onder druk wou plaas
nie. Meeste mense het geweet Strauss verdien 'n plek in die groep
maar Christie was 'n man met 'n onwrikbare wil en die eienskap het
bygedra tot dié span se sukses in die kompetisie.
Tiaan, ontnugter deur sy uitsluiting van die Springbok Węreld Beker
groep het aanbiedinge uit beroeps rugby, Rugby Liga aanvaar en
verhuis na Sydney waar hy later 'n uiters suksesvolle terugtrede tot
rugby gemaak het maar onder die kleure van Australië, sy aangenome
land. Later, in 1999 was hy deel van die Australianers se Węreld
Beker sukses en so 'n legende en hoogs gerespekteerde speler vir
beide die groen-en-goud en die goud-en-groen. |
|