|
Die 50 Plus
Klub
Written by Lucas in 2004 for Amabokke |
| |
Vra enige Suid Afrikaanse rugby speler wat sy doelwit in die lewe is
en die onomwonde antwoord sal wees om vir die Springbokke te speel
en so sy land te verteenwoordig. Daar is egter bitter min spelers
wat die ongelooflike eer vermag om die groen-en-goud trui oor die
kop te trek in 'n toets. Om dit vir 50 toetse te kan doen is 'n
uitstaande prestasie.
Suid Afrikaanse rugby het 'n ryk en lang geskiedenis wat terug
dateer tot die laat 19 de eeu en in die 113 jaar sedertien was daar
al oor die 600 spelers wat hulle land in 312 toetse verteenwoordig
het. Slegs 6 spelers het al vir 50 toetse of meer vir die
Springbokke uitgedraf. Hulle is: Joost van der Westhuizen (89 toetse),
Mark Andrews (77), Andre Venter (66), Percy Montgomery (57), Ollie
le Roux (54) en Breyton Paulse (50). Os du Randt sal sy naam by
hierdie uitsoek geledere voeg in die toets teen Engeland op die toer
na Brittanje.
Daar is natuurlik verskeie redes hoekom die spelers in hierdie
eksklusiewe klub slegs uit die moderne era dateer. In die ou dae was
daar bittermin toets rugby gespeel, hoofsaaklik weens die feit dat
toere nogal 'n lang storie was. Dan het twee węreld oorloë 10 jaar
se rugby beduiwel en vliegtuie was daar natuurlik nie en spanne het
tot so onlangs as die sestiger jare met die boot oorsee gereis. Dit
was juis op so 'n boot trippie dat die Springbokke hulle laaste
Grand Slam gewen het in die1960/1 toer na Brittanje.
Nog 'n rede is natuurlik die 20 jaar van politieke isolasie toe die
Springbok bittermin in aksie was. Dit het legendaries spelers soos
Naas Botha, Danie Gerber, Carel Du Plessis en vele ander verhoed om
menigte toetse vir hulle land te speel.
Die rekord houer, Joost van der Westhuizen is ook die grootste drie
drukker van alle tye in die Springbok trui en die merkwaardige
speler het vir meer as 10 jaar sy land trots verteenwoordig as
speler en kaptein in 3 węreld beker toernooie. Joost kon die mitiese
100 tal oorgesteek het was dit nie vir 'n paar ernstige beserings
nie maar sy bydrae en rekords sal vir 'n lang tyd in Springbok
legende bly staan.
Die ander spelers in die groep is almal manne wat ongelooflike
bydraes gelewer het tot Springbok rugby. Mark Andrews was 'n węreld
beker en Drie Nasies wenner, Andre Venter was deel van 'n Springboks
span wat 17 oorwinnings in 'n ry vermag het, so ook Ollie Le Roux.
Percy Montgommery hou die rekord vir die meeste toets punte in 'n
Springbok trui en Breyton Paulse is die eerste swart speler wat 50
toetse behaal het, hy het ook 'n Drie Nasies titel as deel van 'n
merkwaardige en trotse nalatenis aan ander spelers van kleur.
Die moderne toets kalender verwag dat elke land ongeveer 10 toetse
'n jaar speel en met die węreld beker elke vier jaar kan baie goeie
spelers in 'n redelike kort tydperk 50 toetse inryg. Dit kling
maklik maar die standard van die spel deesdae dikteer dat min
moderne spelers 'n 10 jaar loopbaan kan volhou. Die wat dit wel
regkry is met reg en wel verdiend legendes van węreld rugby. |
|