|
Jaque Fourie
Written
by Lucas in 2003 for Amabokke |
| |
Grote, krag, balvaardighede, spoed en visie is integrale elemente
vir ‘n susksesvolle agterspeler. Een van Suid-Afrika se jeug brigade
Jaque Fourie besit al dié eienskappe.
Vinnige Feite
Geboorte Datum: 1983-03-04
Lengte: 1,88m
Gewig: 90 kg
Skool: Monument
Verteenwoordig: Leeus Craven Week, SA U/19 2002, Leeus
Die jaar 2002 sal onthou word as die jaar van die jeug in
Suid-Afrikaanse rugby. Selde het soveel belowende jong spelers
deurgebreek en belangrike rolle vervul vir beide hul provinsie en
land. Dit is manne soos Bernard, Muller, Wannenburg, de Villiers en
Rathbone wat vir die seëvierende 0/21 wêreldbeker kampioene
uitgedraf het en Brent Russel vir die Springbokke. Een skitter
speler is egter vinnig besig om hom as deel van hierdie eksklusiewe
groep jong sterre te vestig naamlik Jaque Fourie, uithaler heelagter
van die Leeus.
Vra jy 19 jarige Jaque oor sy voornaam wat verskeie joernaliste na
hul woordeboeke laat gryp het is sy antwoord eenvoudig, “Dit is hoe
ek gedoop is, jy sal maar my pa moet vra hoekom daar geen ‘s’ aan
die einde is nie”. Pa Fourie het dalk van meet af geweet dat dié
kind van hom 'n bietjie anders sou uitdraai.
Vir meeste ondersteuners van die Leeus herinner Jaque baie aan 'n
Hendrik Truter met sy lang bene en elegante hardloopstyl. Jaque self
het egter min heelagter helde synde dat meeste van sy skool loopbaan
op senter verwyl is. Hy sien egter heelagter as sy toekoms want dit
het 'n “nuwe dimensie aan my spel besorg” en sy helde sê Jaque is,
“Snaaks genoeg nie 'n speler in my posisie nie. Rassie, Andre Vos en
Andre Venter het ek na opgekyk as spelers. Hulle toewyding,
dissipline en kennis van die spel het my beindruk. Nou het ek al
saam en teen hulle gespeel wat vir my 'n groot eer is.”
Inderdaad, Jaque se opgang is 'n speek in 'n wiel kort van
astronomies, die Hoërskool Monument leerling het binne een jaar
homself gevestig in die Leeus se Currie Beker span na 'n suksesvolle
Vodacom Beker. Die kompetisie wat beskryf word as 'n trapleer vir
jong Springbokke het die volgende opmerking ontlok, “Dit is 'n baie
goeie leerskool maar Currie Beker rugby is waaroor dit gaan in
plaaslike rugby” en Jaque het al reeds bewys dat hy tuis is in die
uitgelese geselskap.
Die Leeus het aanvanklik gesukkel in die Currie Beker en hul
kwalifisering vir volgende jaar se Super 6 was in gedrang voordat
Louis Koen 'n reuse strafskop in die laaste sekondes teen die Pumas
behaal het. Die Leeus was sonder hulle Springbokke en volgens Jaque,
“Ons het beslis spelers in sleutel posisies gemis, mens kan nou maar
eenmaal nie ervaring koop nie”. Die belangrike punt is dat die Leeus
wel die wedstryd gewen het en dat hulle ses weke later aan die
vooraand van 'n Currie Beker semi-finaal staan na 'n uitstekende
oorwining van 50-13 oor die huidige kampioene, Westelike Provinsie.
Jaque, nie heeltemal onverwags nie, was een van die uitblinkers in
hierdie sege.
Die toekoms is blink vir die jong Leeu en met Rudolf Straeuli se
“jong brigade beleid” wat wortel skiet som Jaque die situasie so,
“Dit is great dat ons youngsters die kanse kry. Ek dink die feit dat
die jong ouens wat die kans gebied is dit met albei hande aangegryp
het en die coaches nie teleurgestel het nie. Dit is maar waaroor dit
gaan om die kans te kry en dit dan te gebruik.”
Jaque Fourie gebruik sy kanse en die enigste “coaches” wat hy teleur
sal stel is die van spanne wat hy elke week aan flarde hardloop. |
|