|
Brendan
Venter
Written
by Lucas in
2002 for Amabokke |
| |
Amabokke het gaan kers opsteek by een van Springbok rugby se
uitgesproke wyse manne, Brendan Venter oor wat anders as, rugby?
Die jaar 2002 staan vinnig einde se kant toe en met die wete dat dit
'n bra onsuksesvolle jaar was is dit gepas om met een van
Suid-Afrika se suksesvolste Springbokke te gesels, Brendan Venter.
Die dokter rugbyspeler van beroep is welbekend as 'n denker van die
spel en deesdae bevind hy hom by een van Engeland se Premier Liga
spanne, London Irish as afrigter en speler. Vra Brendan oor sy
besluit om af te rig kom die antwoord vinnig, "Ag man, ek wou nog
altyd afgerig het, as 'n speler het ek altyd 'n opinie gehad en dit
was maar frustrerend dat in baie gevalle nooit daarna geluister is
nie. Sekere goed wou ek graag geimplimenteer het en nou kon ek die
kans kry.” Brendan het inderdaad die manne verlede jaar saamgesnoei
in 'n hegte eenheid en hulle was die verassings paket van Engelse
rugby.
Die jaar gaan dinge maar moeilik weens verskeie redes, dit het egter
die jong afrigter die volgende belangrike rugby les geleer, “As
alles goed gaan dink jy dat alles wat jy doen is reg en dit is die
enigste manier en jy leer nie eintlik iets nie. As ek net een
seisoen agter my gehad het sou ek gedink het dat dit maklik was en
met 'n wanindruk van rugby teruggekeer het.” Dit lyk egter of sy
span die seisoen begin draai het na 'n uitstekende oorwinning van
27-7 oor die gevreesde Leicester Tigers.
Dit is weldra Brendan se laaste seisoen en hy wil beslis na SA terug
keer, “Ek mis die mense, die wat net wil loop en trek weet nie
waarvan hulle praat nie. Die goeie goed weeg meer as die slegte goed.”
Dit is duidelik dat Brendan veel eerder in SA 'n potjie wil kom
skrop wat goeie nuus is vir die plaaslike ondersteuners wat so
gewoond is aan spelers wat SA verlaat.
Die groot vraag of Brendan gaan betrokke raak by afrigting in SA,
miskien die Springbokke, word kragtig beantwoord, “Ek sal betrokke
wil raak maar dit sal op my terme wees, ek is nie genoop vir 'n werk
nie, ek gaan terug praktyk toe maar dalk by 'n span soos die Maties
waar die ouens nog jonk is. My filosofie is nog steeds dat rugby
geniet moet word.” Ware woorde van Brendan en een van die
belangrikste elemente van die wonderlike spel.
Die Europese toer is nou geskiedenis en op almal se lippe is die
vraag of SA die węreldbeker kan wen? Die dokter se raad is, “Ek het
nou al twee węreldbekers gespeel en glo maar vir my jy het so baie
geluk nodig om uiteindelik te wen. Jy moet drie wedstryde teen die
top 5 in die węreld wen en soos dinge deesdae gaan kan niemand
voorspel wie sal wen as dié spanne mekaar pak nie. So baie hang af
van die skeidsregter en die bons van die bal.” Brendan is egter
positief en glo, “SA het baie goeie spelers op die oomblik en het
nog altyd gehad, hulle is talentvol maar die groot ding is dat die
regte mense gekies moet word, kinders kan nie 'n man se werk doen
nie!”
'n Interesante man die rugby dokter en een wat diep oor die spel
dink maar een van sy belangrikste en beste eienskappe is sy
entoesiasme vir die spel en sy motiverings vermoë. SA kan beslis
baat vind by die terugkeer van Brendan Venter.
|
|