|
Springbokke
vs All Blacks
Written by Lucas in 2005 for Amabokke |
| |
Een van die spel van rugby se grootste aantrekkingskrag is die
eeu-oue wedywering tussen lande om die eer as ‘beste rugby land in
die węreld’. Tradisioneel word die swaargewig titel tussen twee
lande verdeel, die Springbokke en die All Blacks van Nieu-Seeland.
Vir meeste Springbok spelers en toeskouers word legendaries
Springbok spellers en spanne geskoei in wedstryde en reeks tussen
die twee aartsvyande. Die beroemde en berugte wedywering is nog nie
eers 'n eeu oud nie en het inderdaad in 1921 begin en sedertien was
daar maar slegs 66 toetse. Lesers kan egter verseker weet dat in
hierdie geval, al 66 toetse 'n kwessie van bloed sweet was om as
oorwinnaar uit die stryd te tree.
Beide spanne het vanuit die staanspoor af op eie bodem koning
gekraai en dit was eers in 1937 dat Phil Nel se beroemde Springbok
toerspan, vir die eerste keer 'n reeks oorwinning in Nieu-Seeland
gewen het. Die span he teen van Suid-Afrika se grootste rugby manne
ingesluit, 'n jong Danie Craven. Reg deur die 1900’s is wedstryde in
reeks beslis en die reekse was maar min en uiters gesog om in te
speel vanuit beide lande se spelers se oogpunt. Dit was inderdaad 'n
voorreg om jou land op die hoogste van hoogste vlakke te
verteenwoordig.
Die Springbokke was tot en met die terugtrede uit isolasie, die All
Blacks vooruit wat oorwinnings betref het. Dit het egter geleidelik
verander soos SA gesukkel het met profesionalisme en verskeie ander
faktore. Die Springbokke het hulle eerste wedstryd terug van
isolsaie teen die All Blacks gespeel en in 1994 daar getoer. Die
reeks was wel verlore, maar dit het die grondslag gebou vir eenvan
Springbok rugby se grootste, indien nie die grootste oomblik in
gekiedenis; die 1995 Węreld Beker finaal. Francois Pienaar het
danksy sy span se ongelooflike verdedigings vermoë die Węreldbeker
trofee omhoog gelig en sodoende 'n geweldige politieke impak gemaak
op die węreld se jongste demokrasie.
Dit was egter een van die laaste glinster oomblikke van die eeu,
Sean Fitzpatrick het die eerste kaptein geword om 'n reeks
oorwinning op SA bodem te behaal in 1996. Vir die volgende 9 jaar
was Springbok oorwinnings maar skaars veral in Nieu- Seeland. In
1998 het Nick Mallett se span 'n naelskraap oorwinning behaal in die
50ste toets tussen die rugby reuse maar die ou beroemde wedywering
was aan die waan.
Die huidige Springbokke spog met twee oorwinnings in 'n ry teen die
All Blacks na 'n fantasties sege verlede jaar en 'n harde stryd op
Nuweland 'n paar weke gelede. Een ding is egter verseker, na die
afgelope twee oorwinnings is die Springbok / All Black wedywering
terug waar dit behoort, as die grootste wedstryd in rugby.
Die grootste uitdaging is egter nog steeds om 'n wedstryd weg te wen
en na verlede jaar se naelskraapse nederlaag is die selfvertroue
hoër as ooit om die jaar die droogte te breek. Dit kan gedoen word!
|
|