|
1995
Written by Lucas in 2005 for Amabokke |
| |
Daar is sekere gebeurtenisse in Geskiedenis wat onomwonde mense se
lewens verander. Dink maar terug aan die eerste hart oorplanting,
die verbrokkeling van die Berlynse muur, Mandela se vrylating en
baie ander wêreld gebeurtenisse. Vir Suid-Afrikaanse rugby
ondersteuners, was die 24ste Junie 1995 'n lewens bepalende oomblik.
Die Springbokke het vanuit die staanspoor in hulle openings wedstryd
teen Australië bewys dat hulle 'n faktor sou wees in die derde
wêreld beker en die eerste waaraan hulle mag deelgeneem het. Die
grootste toets het egter in die halfeindrondte plaasgevind toe die
hemel oopgetrek het met die mees ongewone reënval nog ooit in
Durban. Die Franse het met mag probeer maar dit was asof 'n hoër
hand daardie dag oor die Springbokke gerus het. In ongelooflike
omstandighede het hulle in 'n modderbad gewen om 'n week later teen
die wenner van Engeland en Nieu Seeland te staan te kom.
Die Kiwis het 'n ongelooflike span gehad met 'n nuwe super speler
genaamd Jonah Lomu. Die wêreld het nog tot en met die stadium nie sy
gelyke destruktiewe tipe speler op 'n rugbyveld ervaar nie. Hy kon
met ongelooflike spoed om sy opponente hardloop of doodeenvoudig met
sy bykans 120kg liggaam oor spelers stoomroller. Die hele wêreld wou
weet, hoe stop mens Lomu? Engeland ook en met 3 wonder driëe het
Lomu die ‘droomfinaal’ bevestig.
Die winters middag van 24 Junie was idiaal geskep vir rugby… 70,000
ondersteuners, ‘Shosoloza’ en ‘hier kom die Bokke’ het oor en oor
weerklink, 'n Boeing superstraler van SAL het sy ondersteuning
duidelik beklemtoon deur slegs 'n paar 100 meter bo-oor die stadion
te vlieg. Dit was egter die verskyning van ‘Madiba’ in Francois
Pienaar se no 6 trui wat die verbeelding aangegryp het. Die nuwe
president is met oorweldigende krete van Nelson, Nelson, Nelson
begroet. 'n Groter verhoog kon daar nie wees nie.
Die wedstryd self was een van die spanningsvolste rugby wedstryde
ooit. Dit was toets rugby op sy allerhardste en beste. Lomu het
probeer maar kon nooit dieselfde wonderdade verrig van vroëer in die
kompetisie nie. Die gang is bepaal deur die twee loskakels, Joel
Stransky en Andrew Mehrtens wat ewe veel punte aangeteken het. Na 80
tense minute was die telling gelykop dus ekstra tyd.
Daar is mn mense wat die ekstra tyd sal onthou, selfs as daar na die
heruitsendings gekyk word WANT die mees belangrikste skepskop in
Springbok legende domineer die ekstra 20 minute en verdwerg al die
spel was voor en daarna gespeel is. Stransky het die skop hoog en
suiwer deur die pale geklits en skielik was almal in die lug en toe
op hulle kniee – die Springbokke was wêreld kampioene!!
Die dag, 'n dekade gelede het die spel en ons land diepgaande
vgeraak en sal nooit vergeet word nie. Springbok rugby se grootste
oomblik het rugby en samelewing in 100 minute met 'n oogwink
verander. Ons onthou en herdenk 'n legendariese dag in Springbok
rugby. |
|